
ONTBYT KALENDER
-
ONTBYT - ROBERTSON
DATUM SAL BINNEKORT BEVESTIG WORD
Is jy van hierdie omgewing en stel belang om die Ontbyt by te woon as Uitstaller, borg of gas? Kliek hier onder en vul jou besonderhede in om op die waglys geplaas te word. Op hierdie manier sal jy eerste van alle nodige besonderhede ingelig word en jou plek kan bevestig voordat dit uitverkoop.
-
ONTBYT - DURBANVILLE
DATUM SAL BINNEKORT BEVESTIG WORD
Is jy van hierdie omgewing en stel belang om die Ontbyt by te woon as Uitstaller, borg of gas? Kliek hier onder en vul jou besonderhede in om op die waglys geplaas te word. Op hierdie manier sal jy eerste van alle nodige besonderhede ingelig word en jou plek kan bevestig voordat dit uitverkoop.
-
ONTBYT - PAARL
DATUM SAL BINNEKORT BEVESTIG WORD
Is jy van die Paarl omgewing en stel belang om die Ontbyt by te woon as Uitstaller, borg of gas? Kliek hier onder en vul jou besonderhede in om op die waglys geplaas te word. Op hierdie manier sal jy eerste van alle nodige besonderhede ingelig word en jou plek kan bevestig voordat dit uitverkoop.
WAT BEHELS DIE ONTBYT?
Die Vrouenetwerk Ontbyt is 'n dinamiese platform waar vroue-entrepreneurs en -ondersteuners die geleentheid kry om mekaar beter te leer ken en saam te werk om elkaars besighede te bevorder. Hierdie byeenkoms bied besigheidsvroue die kans om hul plaaslike gemeenskap te ontgin en hul ondernemings direk aan hul buurvroue, vriendinne, en die breër gemeenskap te bemark. Die Ontbyt het ontstaan uit 'n diepgaande behoefte om vroue te help om hul besighede na 'n nuwe vlak te lig, asook hulle ‘n platform te bied vir meer persoonlike en direkte, een-tot-een blootstelling. Deur toegang te bied tot waardevolle kennis en insigte van kenners in verskeie velde, skep hierdie geleentheid 'n unieke omgewing waar vroue entrepreneurs kan leer, groei en hul ondernemings versterk.
Wanneer & Waar:
Die Ontbyt sal in 2025 plaasvind in Durbanville, Robertson en Paarl. Ons beoog ook om binnekort die Vrouenetwerk se vlerke te sprei na Gauteng en die Ontbyt daar te begin aanbied.
Wat & Hoe:
By elke Ontbyt geleentheid word daar ‘n uitgesoekte groep vroue entrepreneurs die geleentheid gegee om, as Uitstallers by die Ontbyt, hulself en hul besigheid aan die gaste voor te stel. Aansoeke vir hierdie Uitstalposisies word noukeurig deurgewerk om te verseker dat die gehoor bekend gestel word aan vroue wat visie en doelgerigtheid toon, gepaard met kwaliteit diens of produkte wat gelewer word.
Wie:
Die gastelys vir elke Vrouenetwerk Ontbyt is werklik indrukwekkend en sluit 'n diverse groep vroue in wat elkeen iets unieks na die tafel bring. Of dit nou entrepreneurs is wat reeds hul eie besighede suksesvol bestuur, of vroue wat 'n passie het om ander in hul ondernemings te ondersteun, die gemeenskap wat hier gevorm word is ongelooflik waardevol. Elke Ontbyt funksie skep 'n omgewing waar idees gedeel word, inspirasie gevind word en waardevolle netwerkverbindinge gemaak word, wat elke deelnemer help om hul potensiaal ten volle te ontsluit en verdere sukses te bereik.
Kyk gerus na die pragtige fotos van ons vorige Ontbyt funksies!
"Die oggend was absoluut net wonderlik!
Sooo opbouend, amazing sprekers, heerlike ontbyt, wonderlike inspirerende en pragtige vrouens ontmoet….dit was voorwaar absoluut die moeite werd gewees!
Volgende keer bring ek ‘n hele paar ander vrouens saam! Baie seen met die wonderlike werk wat jy doen! Sien baie uit na die volgende Vrouenetwerk funksie!”
Margaux Gaigher | Uluma HR"
WORD ‘N UITSTALLER
Die entrepreneurs wat hul besighede tydens die Vrouenetwerk Ontbyt uitstal, spandeer die oggend in die kollig en kry 'n unieke geleentheid om hulself direk en persoonlik te bemark aan 'n ideale teikenmark: 'n groep besigheidsvroue wat spesifiek die Ontbyt bywoon om ander ondernemings te leer ken, te ondersteun en saam te netwerk.
Die oploop tot die Ontbyt is 'n reis van ontdekking, insig, leer en transformasie vir elke Uitstaller.
By elke Ontbyt sal 8 uitstallers die kans kry om hul besigheid en produkte of dienste ten toon te stel aan hierdie teiken gehoor. Uitstallers het ook die geleentheid om hul produkte gedurende die oggend van die Ontbyt te verkoop.

UITSTALPAKKETTE
-
• BESIGHEIDSVERBETERING EN HERSTRUKTURERING
Die Uitstallers by die Vrouenetwerk Ontbyt ontvang waardevolle insigte en advies van kenners in verskeie velde.
Deur werkswinkels en groep sessies, sal hierdie kenners elke besigheid evalueer om areas te identifiseer wat kan verbeter en bied dan die nodige advies en hulpmiddels om die besigheid tot 'n hoër vlak van professionaliteit en sukses te bring.Daar sal ook doelgerigte opleiding wees om elke uitstaller te bemagtig met die beste idees en toebehore om die teikengehoor tydens die Ontbyt optimaal te bereik en om te skakel in waardevolle kliënte.
• BLOOTSTELLING
Alles in jou besigheid is nou in plek en reg om aan jou perfekte gehoor bekend gestel te word... En ons gee vir jou dit op 'n skinkbord met die teikengehoor van 150 dinamiese besigheidsvroue wat die Vrouenetwerk Ontbyt bywoon!
As 'n uitstaller sal jy omvattende blootstelling geniet vooraf, tydens en na die Ontbyt.
Jou besigheid sal bemark word as deel van die Ontbyt se promosieveldtog, wat sosiale media en ander bemarkingskanale van ons borge insluit.
Tydens die Ontbyt kry jy die geleentheid om jou besigheid en produkte of dienste ten toon te stel en te verkoop. Boonop kry elke uitstaller 'n 5-minute tydgleuf om haarself en haar besigheid aan die gaste bekend te stel en haar storie te deel.
Dan, as lid van die Vrouenetwerk word jou besigheid op die netwerk se webtuiste gelys en kry jy toegang tot die geslote Facebook-groep waar jy verder kan netwerk en jou besigheid kan bevorder.
• KLIëNTE DATABASIS
Na die Ontbyt ontvang uitstallers toegang tot die databasis van die gaste wat die geleentheid bygewoon het en toestemming verleen het om hul inligting te deel. Dit bied jou die kans om verder direkte bemarking te doen en sterk kliënteverhoudings op te bou.
• PLAKKAAT, GOODY BAGS & GELEENTHEID VIR BORGSKAP
Elke Uitstallerpakket sluit die ontwerp en druk van 'n A1-plakkaat in wat tydens die Ontbyt uitgestal word. Uitstallers het ook die geleentheid om produkmonsters, promosie materiaal, geskenkbewyse, of afslagkoepons in die geskenksakkies in te sluit. Die koste vir enige items of promosie materiaal is vir die uitstaller se eie rekening.
Die Ontbyt is bekend vir die fantastiese pryse wat uitgedeel word met ons gelukkige trekking en uitstallers het die verdere opsie om hul blootstelling te vergroot deur produkte of dienste as pryse te borg.
-
Uitstallers kan slegs vroue entrepeneurs wees wat hul eie besigheid besit.
Ons ontvang geweldig baie aansoeke en streef daarna om die aanbieding van die Ontbyt te alle tye van uitnemende kwaliteit te handhaaf. Daarom doen ons sorgvuldige keuring van ons deelnemende entrepreneurs en neem die volgende kriteria in ag:
• Uniekheid van Produk of Diens: Is die produk of diens wat die entrepreneur aanbied uniek, innovatief of van hoë gehalte?
• Passie en Betrokkenheid: Wys die entrepreneur entoesiasme en passie vir hul besigheid?• Besigheidsvooruitsigte Het die nuwe besigheid goeie groeipotensiaal?
• Professionaliteit en Reputasie: Hoe professioneel is die entrepreneur in hul benadering?
• Verkoops- en Bemarkingsvaardighede: Beskik die entrepreneur oor die vermoë om hul besigheid effektief te bemark en hul produkte of dienste aan die publiek voor te stel?
• Netwerkpotensiaal: Hoe goed sal die entrepreneur inpas by die ander uitstallers en die gehoor?
Uitstallers kan slegs by ‘n Ontbyt betrokke raak binne die area waar sy haar besigheid bedryf.
Uitstallers gee die Vrouenetwerk toestemming om haar naam en besigheid op Sosiale Media kanale van die Vrouenetwerk en ander borge s'n te adverteer.
Uitstallers is verantwoordelik vir hul eie toerusting (Snapchat / Yoco) om verkope te hanteer tydens die Ontbyt.
VORIGE ONTBYT FUNKSIES
ANNA BEULAH, NOVEMBER 2024
CROWN, DURBANVILLE 2019
STONESHED, DURBANVILLE 2019
ANNA BEULAH, DURBANVILLE, 2018