
ONTMOET • ONTDEK • ONDERSTEUN • ONTSPAN
Die Vrouenetwerk is n platform vir vroue entrepeneurs om, deur middel van ‘n kwartaallikse ONTBYT, op ‘n meer persoonlike basis mekaar te ONTMOET, om te ONTDEK wie doen wat, mekaar te kan ONDERSTEUN en om saam lekker te kan ONTSPAN.
Tydens die ontbyt word daar die geleentheid gegee vir ‘n geselekteerde groep vroue om as Uitstallers hul besigheid die oggend te verteenwoordig en hul produkte en/of dienste ten toon te stal. Dit is 'n wonderlike geleentheid vir persoonlike, een-tot-een netwerk tussen gaste en mede-entrepeneurs. Goeie, deurlopende blootstelling word ook vooraf en na die ontbyt aan elke deelnemende besigheid gegee.

WIL JY GEBRUIK MAAK VAN DIE VROUENETWERK SE WAARDEVOLLE PLATFORM EN
JOU BESIGHEID BLOOTSTELLING GEE?
Jou opsies is as volg…
-
NEEM DEEL AS UITSTALLER
25% AFSLAG OP UISTAL POSISIES VIR EERSTE OPKOMENDE ONTBYT!
Staan in die kollig en stel JOU besigheid bekend aan hierdie uitgesoekte gehoor...
-
VERKOOP JOU PRODUK BY MINI MARK
VANAF 2025
Jy wil nie noodwendig optree as Uitstaller maar wel graag jou produkte ten toon stel en verkoop - ons Mini Mark is die plek vir jou! -
RAAK BETROKKE MET BORGSKAP
Die Vrouenetwerk Ontbyte is bekend vir stampvol geskenksakkies vir ons gaste en reuse bederf pryse vir ons gelukkige trekking. As jy die gehoor wil bereik deur iets hiervoor te borg, kontak ons gerus.

“Die Vroue Ontbyt het my laat besef dat ons vrouens soveel sterker is saam as ons mekaar ondersteun en bemoedig. Die bewondering vir al die dapper vrouens met hulle eie besighede het my laat voel dat ek dit mos ook kan doen!”
Ek kan nie wag om dit weer te ervaar nie!”
~ Mardie, Arbeidsterapeut
KRY WAARDEVOLLE
SOSIALE MEDIA WENKE EN HULPMIDDELS
BY ONS GASSPREKER
MAGRIET GROENEWALD!
As kranige ondersteuner van die Vrouenetwerk, kom deel Magriet graag met die entrepreneurs en gaste haar ekspert kennis en ervaring met sosiale media en hoe om dit optimaal te gebruik om jou besigheid te bevorder.
Elke gas sal wegstap met nuwe wenke, hulpmiddels en opgewondenheid vir hul reis vorentoe in besigheid.