
MINI MARK AANSOEKVORM
VERKOOP JOU PRODUKTE BY ONS VROUENETWERK ONTBYT!
Ons Mini Mark is ‘n nuwe toevoeging tot die Ontbyt en gee vroue entrepreneurs wat nie noodwendig as Uitstaller wil optree, wel ook die geleentheid om haar produkte die oggend te verkoop.
KOSTE
R850 per Besigheid/Produk
R680 (-20%) vir vorige Vrouenetwerk Uitstallers
PS: Om by die Mini Mark uit te stal, moet jy ook die Ontbyt funksie as gas bywoon en kaartjie koop teen eie koste.
• Koste sluit slegs die spasie in.
• Entrepreneur moet steeds eie tafel of uitstal toerusting, bemarkingsmateriaal en betalings metodes (Yoco of Snapscan) voorsien.
• Vir die opkomende Durbanville Ontbyt hef Vrouenetwerk geen kommissie op produk verkope.