ONTMOET • ONTDEK • ONDERSTEUN • ONTSPAN

 Die Vrouenetwerk is n platform vir vroue entrepeneurs om, deur middel van verskeie ONTBYT funksies, op ‘n meer persoonlike basis mekaar te ONTMOET, om te ONTDEK wie doen wat, mekaar te kan ONDERSTEUN en om saam lekker te kan ONTSPAN.

Tydens die ontbyt word daar die geleentheid gegee vir ‘n geselekteerde groep vroue om as Uitstallers hul besigheid die oggend te verteenwoordig en hul produkte en/of dienste ten toon te stal. Dit is 'n wonderlike geleentheid vir persoonlike, een-tot-een netwerk tussen gaste en mede-entrepeneurs. Goeie, deurlopende blootstelling word ook vooraf en na die ontbyt aan elke deelnemende besigheid gegee.

VROUENETWERK

WERKSWINKEL

19 FEBRUARIE | WELGEDACHT, DURBANVILLE | 08H30 - 16H30

VAN HART TOT HANDELSMERK

Ontdek, ontwerp en bemark jou eie unieke handelsmerk met selfvertroue!

Aangebied deur voorkomskonsultant en selvertroue mentor, Willene Sieberhagen en handelsmerk ontwerper en kenner, Annelize Blom.

Slegs 20 plekke beskikbaar - bespreek jou kaartjie so gou as moontlik!

WIL JY GEBRUIK MAAK VAN DIE VROUENETWERK SE WAARDEVOLLE PLATFORM EN

JOU BESIGHEID BLOOTSTELLING GEE?

Jou opsies is as volg…

  • NEEM DEEL AS UITSTALLER

    Staan in die kollig en stel JOU besigheid bekend aan hierdie uitgesoekte gehoor. Ons gaste is ‘n groep dinamiese besigheid vroue met oop harte wat reg is om mekaar te ondersteun en na jou unieke storie te luister...

  • RAAK BETROKKE MET BORGSKAP

    Deel jy ons passie om vroue in besigheid te bemagtig en ondersteun? Wil jy waardevolle blootstelling kry by ons besonderse groep gaste en aktief betrokke wees by ons Ontbyt-funksies? Kontak ons gerus—ons sien uit om saam met jou hierdie visie waar te maak!

“Die Vroue Ontbyt het my laat besef dat ons vrouens soveel sterker is saam as ons mekaar ondersteun en bemoedig. Die bewondering vir al die dapper vrouens met hulle eie besighede het my laat voel dat ek dit mos ook kan doen!”

Ek kan nie wag om dit weer te ervaar nie!”

~ Mardie, Arbeidsterapeut

 
 
 

MAGRIET GROENEWALD

As kranige ondersteuner van die Vrouenetwerk, kom deel Magriet gereeld met die entrepreneurs en gaste haar ekspert kennis en ervaring met sosiale media en hoe om dit optimaal te gebruik om jou besigheid te bevorder.

Elke gas sal wegstap met nuwe wenke, hulpmiddels en opgewondenheid vir hul reis vorentoe in besigheid.

 

 WAT Sê ONS VORIGE UITSTALLERS…

Ons is dankbaar & trots op ons samewerking met

Met haar Godgegewe talent om ander se potensiaal raak te sien en te ontwikkel, inspireer en ondersteun Lize en haar span ons deelnemende entrepreneurs op hul ontdekkingsreis en staan hulle by om hul doelwitte duidelik te definieer en die pad na sukses uit duidelik uit te lê.

Lize Botha-Cornelissen, stigter van The David Legacy het ‘n Meestersgraad in Beradingsielkunde en verdere kwalifikasies in menslike hulpbronne en afrigting. Met haar kundigheid help sy leiers en spanne om volhoubaarheid en visie te bou terwyl hulle hul volle potensiaal bereik.

Lize deel die Vrouenetwerk se visie en passie vir die ondersteuning en groei van entrepreneurs en het daarom met entoesiasme aangesluit om haar uitgebreide kennis en ervaring te deel. Sy volg ’n persoonlike benadering deur saam met elke deelnemer ’n pad te stap, hul unieke uitdagings aan te pak, en waardevolle insigte en strategieë te bied wat hulle help om hul besighede met selfvertroue en doelgerigtheid na nuwe hoogtes te neem.